Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkanting teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog het Afrikaners só aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het.
Albert Blake is ’n gewilde niefiksieskrywer wat al sewe boeke die lig laat sien het, waaronder die topverkopers Boereverraaier (2010), Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid (2015) en ’n biografie van Robey Leibrandt (2019). Hy is in 2014 deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Louis Hiemstra-prys bekroon vir Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer. Sy werke was ook al op die kortlyste vir die kykNET/Rapport-prys, ATKV-Woordveertjies en South African Literature Awards. Hy is ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit aan die Vrystaat en praktiseer as prokureur in Gauteng.