Lekker Slaap Wille Welpie is ‘n lieflike slapenstyd verhaal waarin kinders leer oor baba diertjies en waar hulle in die aand slaap. Die boek is só ontwerp om ‘n kindjie na ‘n lang dag rustig te maak en hulle saggies aan die slaap te sus.
Benoît Kox is ‘n uitgewer, sowel as die stigter van Supernova, die Suid-Afrikaanse tydskrif vir nuuskierige kinders. Sy illustrasies in Supernova en talle ander boeke verheug kinders regoor die wêreld. Hy het die rympies in Lekker Slaap Wille Welpie oor verskeie aande vir sy kleuter geskryf sodat sy makliker aan die slaap kan raak.